Sunday 1 May 2016

Voorbereiding vir my kuier

Ek is op pad om vir my kinders te gaan kuier en het besluit om vir elke kleinkind 'n geskenkie saam te neem. Dis nogal 'n probleem met moderne kinders wat alles het, dus is klere maar seker die maklikste. Vir die heel kleinste wat nog nie gebore is nie, het ek 'n paar langbroekies van "polar fleece" gemaak. Dit werk so vinnig en maklik, ek kon nie ophou nie.









Klein A het toe 'n popbedjie gekry. Ek hoop sy het 'n pop wat daarin gaan pas. Hier is hy en ek deel sommer die patroon ook hier.


                                                                                                     























































Vir kleinseun is dit nog moeiliker. Toe dink ouma maar aan 'n bal met sy naam op en hy kan dit lekker in die huis rondgooi, want dis sag.         Miskien sal hy dit net maar by al sy hope speelgoed bêre, maar ek het probeer....                                                                               



Sunday 13 March 2016

My grandaughter was visiting over Christmas and I decided to sew a few soakers. I had a left over piece of polar fleece. I found the pattern at 
http://katrinassqs.blogspot.com/2007/10/instructions-for-sewing-soaker.html . Here is what mine looks like.  You can also download the pattern as a pdf file here.                                                                                                                       

Ek sit die aanwysings by Tutoriale. Dit het so gou gegaan en ek het sommer binne 'n uur drie van hulle gemaak en klein Saartjie* het dit toe sommer al gedra. Dit het in die hitte beter gewerk as waterdigte broekies, omdat die "fleece" asemhaal.

Toe kry ek 'n bestelling vir langbroekies en hulle is so maklik - ook by dieselfde webwerf as hier bo. Ek hoop die kleintjies sal geholpe wees.

Toe maak ek sommer vir Teddie van die oorskietstukkies. Hy is so lekker sag.












Toe sluit Liesl ook by ons aan. Nou moet die dogtertjies net kom speel.







Thursday 21 January 2016

Kerkblokkie

 Op die Facebookgroep met dieselfde naam maak ons hierdie week 'n kerkgebou. Windhoek is ons naaste dorp en daarom het ek probeer om hierdie pragtige landmerk na te boots.

Dit was 'n groot uitdaging en nie maklik nie. Die blokkie is 15x30 cm. Hierby kan dalk nog ander geboue volg? Maar ek volstaan eers hiermee.

I had such fun doing this beautiful church. It is the Christ Church in Windhoek, built by the Germans. I wish I could do it as it really is. 











Sunday 17 January 2016

Oorgetrekte kartondoos

Ek het besluit om my seeppoeierboks oor te trek om allerhande goedjies in te bêre. Die metode is baie eenvoudig. Gaan kyk hier vir aanwysings. Die oortreksel kan enige tyd afgehaal word om te was. 

It's a good idea to make your work room look more "professional". I will share the tutorial on the "Tutoriale" page. 

After a long hot spell, it started to rain yesterday. In this desert country it is always a miracle.