Sunday 1 May 2016

Voorbereiding vir my kuier

Ek is op pad om vir my kinders te gaan kuier en het besluit om vir elke kleinkind 'n geskenkie saam te neem. Dis nogal 'n probleem met moderne kinders wat alles het, dus is klere maar seker die maklikste. Vir die heel kleinste wat nog nie gebore is nie, het ek 'n paar langbroekies van "polar fleece" gemaak. Dit werk so vinnig en maklik, ek kon nie ophou nie.









Klein A het toe 'n popbedjie gekry. Ek hoop sy het 'n pop wat daarin gaan pas. Hier is hy en ek deel sommer die patroon ook hier.


                                                                                                     























































Vir kleinseun is dit nog moeiliker. Toe dink ouma maar aan 'n bal met sy naam op en hy kan dit lekker in die huis rondgooi, want dis sag.         Miskien sal hy dit net maar by al sy hope speelgoed bêre, maar ek het probeer....