Kwiltblokke

Huisies Bou 

Ons "Facebook"-groep, Lapkoors  is besig om huis te bou. Vanmiddag het ek gou-gou die blokkie gemaak. Die peer is geverf met materiaalverf, my ander liefde. 

Die wurmpie is ook geverf en is my gunsteling. 

Our "Lapkoors" group members on Facebook are busy with this project and we decided to make one small block a week. The blocks are all 15x15 cms. We decided to make 40 blocks. So this project will run right into 2016. 

Elke week sit iemand vir ons 'n voorbeeldblokkie op en dan maak ons dit en wys. Die groepie wat deelneem is baie kunstig. 

Hier is nog 'n paar blokkies. Ek het begin om die blokkies solank te kwilt.

Watch this space for the next block!!

Hier is my Afrika-huisie met tarentale en al. Die "mure" is gemaak van 'n stukkie denim wat ek iewers van 'n ou broek afgesny het. Die dak is 'n stukkie lap waarmee ek nie veel kon doen nie, redelik grof geweef. Toe werk ek die siersteke in met die masjien.

To do the stitches on the roof, I put crochet yarn on the bobbin and stitched the topstitch feature on the sewing machine. I also had some rick-rack and fastened it with a herringbone stitch by  hand. 

The piece of braid came in handy. Look how nice it fits in with the African style.

Die agtergrondlap is een van die lappies wat ek self kleur met 'n metode genaamd yskleuring. Ta-da en daar is nog 'n huisie. Die knoop moes die lelike steke wegsteek, Haha.



Hier is my "kerkblokkie", die pragtige kerk in Windhoek Namibië.


























No comments:

Post a Comment