Sunday 8 January 2017

Speelmat

Daar het nou heelwat tyd verloop na my laaste skrywe, maar na die kuier in die Kaap in Meimaand 2016, het daar nog een gevolg in November. Dit was so lekker om die kleinkinders te sien en hulle vas te hou. Intussen het ek gehekel om my tyd te verwyl. Ek is nou besig met die oulike speelmat wat ek gesien het  by Happy Berry Crochet van Laura Eccleston.

Hier is my weergawe waarmee ek nog besig is. Ek hoop om dit klaar te hĂȘ voordat my kleinseun te groot is om daarmee te speel.

Die huisie speelkwilt  is ook afgelewer en kleindogter speel tog te lekker daarop. Hier is hy.

Wat sal 'n mens doen sonder om kreatief te wees?