Tuesday 1 December 2015

Hekel tussenin


Ek het besluit om al my breigare wat ek destyds gebruik het toe ek baie op my masjien gebrei het, saam op te rol en iets daarmee te maak. Ek het begin deur seshoekies te brei en aanmekaar te werk vir 'n kombers. Dit het my baie lank gevat, want ek is nie 'n handbreier nie. Uiteindelik is my jongste dogter weg met die kombers wat heerlik warm is.









Toe het ek dit wat oorgebly het gebruik vir hierdie hoek-tot-hoek kombers. Dit gaan nie baie groot wees nie. Hier is ek halfpad. Dis nou heerlik verslawend en ek het hierdie stuk in twee dae gedoen deur al my huistake deur. Hopelik is al die breigare dan op.