Tutoriale

Skakels na nog tutoriale:

Toerygsak

Wasgoedpennetjiesakkie


Konsertinasakkie
HOE OM MET YS EN KLEURSEL JOU EIE MATERIAAL TE MAAK

Ek werk gewoonlik met ongebleikte linne, maar enige katoen 
sal ook werk. Die materiaal se vesels moet voorberei word om die kleursel goed te kan absorbeer en die kleursel permanent te kan maak. Ek gebruik die poeierkleursel wat mens hier by ons kan kry.




Om die materiaal voor te berei laat ek die lap vir 20 minute in 'n mengsel van 'n half tot 1 koppie "soda ash" opgelos in 5 liter warm water lê. Moenie 
uitspoel nie. Haal dit net so uit, 
droog goed uit en laat droog word. (Onthou om jou hande te beskerm met handskoene) 
Nou is jou lap gereed om gekleur te word. Jy kan byvoorbeeld 'n klomp lap so voorberei en dan bêre vir latere gebruik. Die mengsel kan onbepaald gebêre word vir oor en oor gebruik. (Sommige sê mens moet dit in die yskas hou).

Ek het 'n 5 liter emmer, maar enige houer sal goed werk. Plaas 'n rakkie op iets wat 'n redelike spasie onderin ooplaat sodat die lap nie later in die water wat gaan deurloop, lê nie.








Druk jou droë lap nou op 'n bondel of doen enige iets met hom wat jy wil. Plaas dan die lap op die rakkie in die emmer.






Pak ys bo­-op die lap, genoeg om die lap goed toe te maak en strooi die kleurselpoeier oor die ys, asook 'n 

klompie sout. Sit nou die volgende lap bo­-op die ys en strooi 'n ander kleur poeier en sout oor.

Nou laat staan jy die houer iewers totdat al die ys gesmelt is. Ek los dit sommer oornag.

Haal die lap uit en sit in die mikrogolf vir twee minute (my lap was 50x90cm) of tot hy goed warm is en pasop dat hy nie brand nie. Haal die lappe uit, maak oop en hang op die draad om droog te word. Jy kan ook die lappe elkeen apart dadelik in skoon water uitspoel totdat daar nie meer kleursel uitkom nie.


Nou vir die verrassing!













Jy kan nou ook op die materiaal druk met materiaalverf.

 So eenvoudig soos dit!





No comments:

Post a Comment